Home/News/Schools/Dié ‘nagtegale’ mág maar sing! Schools Dié ‘nagtegale’ mág maar sing! Laerskool Nylstroom se juniorkoor het uitstekend presteer by verskeie geleenthede. September 10, 2023 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Die koor het ’n A+ by die Allegretto Eisteddfod behaal, ’n A+ by die ATKV se Waterberg Afrikaanse Kunstefees en A++ by die Eugène N. Marais Kunstefees. Dié engelstemmetjies het liedjies soos “Oupa se Ford”, “Waai met die wiempie”, “I am the music man” en “Die liefde van Jesus” gesing. Elanie Venter was die dirigent, Corlie Bosman was die organiseerder en Henna van der Westhuizen het die junior- en seniorkoor kore begelei. Die seniorkoor van Laerskool Nylstroom het die afgelope tyd mooi note ingesit tydens verskeie kompetisies. Die koor het ’n A+ by die Allegretto Eisteddfod behaal, ’n A+ by die ATKV se Waterberg Afrikaanse Kunstefees en A++ by die Eugène N. Marais Kunstefees. Hulle het “Hemelvader”, “Beauty and the Beast”, “Jabulani” en “Katryn, Katryn” gesing. Die junior- en seniorkoor tree eersdaags by die laerskool se talentaand en by die Kokanje-koorfees op. You can read the full story on our App. Download it here. September 10, 2023 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print