Local sport

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Die talentvolle groep dansers het ‘n uitstekende opvoering gelewer by die Eugène Marais kunsfees. Voor is Leila Potgieter, Miane Loots, Cara van Emmenes, Mieke van Emmenes en Rielizma de Lange. Agter staan Khloe Potgieter, Lumé Venter en Lisa-Mari Oosthuyzen.
Euphorbia het pragtig presteer tydens die derde skole-land-loopbyeenkoms wat op Woensdag 23 Augustus by Laerskool Eugène N. Marais plaasgevind het. Atlete wat eerste-, tweede- en derde plekke behaal het, is Sebastiaan Rabie, Miané Loots en Kara Muller. Agter is Mia Botha en Lize Janse van Vuuren.

Hoërskool Nylstroom se o.15-krieketspan het op Saterdag 26 Augustus op hul tuisveld kragte gemeet teen die span van Hoërskool Hans Strijdom van Mookgophong. Die Nylies het met ’n verbysterende 235 lopies gewen. Erlu Fourie is aangewys as die speler van die wedstryd nadat hy 119 lopies aangeteken het.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button