Local sport

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Hoërskool Hans Strijdom se senior fietsryers het uitstekende prestasies behaal by die derde Limpopo-skole XCO-byeenkoms. Die kompetisie is op Saterdag 19 Augustus in Makhado (Louis Trichardt) gehou. Op die foto is Siegfried Venter (Youth Boys 24 ste), Liana Venter (Sub Junior Girls 8ste), Chantelle Gouws (Sub Junior Girls 1ste), Chris Shields (Sub Junior Boys 2de), Karli van Wyk (Sub Junior Girls 2de), André Brits (Youth Boys 14de) en Stephan van Zyl (Sub Junior Boys 9de). Die Limpopo-skolespan word by die volgende byeenkoms op Maandag 4 September by Stanford Lake College aangekondig. Dié span sal op Saterdag 16 September in Klerksdorp aan die 2023 Skole XCO Inter-provinsiale-byeenkoms deelneem. Foto: Cisco Shields
Drie atlete van Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong, Cara Louw, Marcus van der Walt en Elandi van Staden, is gekies om Limpopo by die Suid-Afrikaanse landloopkampioenskap op Vrydag 16 September in Gqeberha (Port Elizabeth) te verteenwoordig.
Waldo Hoffmann, gr. 9-leerder van die Hansies, was op Donderdag 24 Augustus eerste in die B-afdeling van die Limpopo-gholfkompetisie wat by die Coro Creek-gholflandgoed buite Modimolle gehou is.
Janco Abrahamse, gr. 10-leerder van Hoërskool Hans Strijdom, is in die Limpopo-skole gholfspan opgeneem.

Hoërskool Nylstroom se o.15-krieketspan het op Saterdag 26 Augustus op hul tuisveld kragte gemeet teen die span van Hoërskool Hans Strijdom van Mookgophong. Die Nylies het met ’n verbysterende 235 lopies gewen. Erlu Fourie is aangewys as die speler van die wedstryd nadat hy 119 lopies aangeteken het.

Drie leerders van die Waterberg Skool vir CVO in Modimolle is gekies vir die Beweging vir Christelike Volkseie Onderwys (BCVO) se spanne. Jessica Smit (middel) is gekies om deel te wees van die o.15-snelbalspan (Fast Five-netball). Henru Botha en Ryno Roux is gekies vir die o.19-sewesrugbyspan. Die BCVO se sewes- en snelbaltoernooi het vroeër vandeesmaand in Pretoria plaasgevind. Die Afrikaner Volkseie Sport (AVS) -somerweek vind van 3 tot 6 Oktober in Pretoria plaas.
Maak jou skuif! Leerders van die Waterbergskool vir CVO in Modimolle het op Saterdag 26 Augustus aan die Noord-Transvaal skaakproewe in Lephalale deelgeneem. Die volgende leerders sal aan die Suid-Afrikaanse kampioenskap deelneem wat op 29 en 30 September in Ventersdorp gehou word. Voor is Liam Oosthuizen (o.9), Rianco Jacobs (o.11) en Johan van der Merwe (o. 9). Agter is Hanco Oosthuizen (o.13), Phillip Marx (o.13), Theomarie Joubert (oop span), Bertus Marx (o.9) en Koos van der Merwe (o.11).

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button