Local news

Jarelange Modimolle-inwoner gegroet

Modimolle het verlede week ’n jarelange inwoner vaarwel geroep.

Bertha van Deventer (81) is op Sondag 5 Augustus ná ’n kort siekbed oorlede.

Sy was 41 jaar lank ’n inwoner van die dorp. Sy en haar eggenoot, Brian Hayes, het in 1982 vanaf Pretoria verhuis nadat hy ’n betrekking by die NTK aanvaar het. Hulle het drie kinders gehad.

Volgens haar seun, James, was sy baie betrokke in haar gemeenskap, veral by kerke en skole. Baie inwoners het haar later jare leer ken as ontvangsdame by dr. George Ströh se praktyk in die dorp.

Sy is in 2003 met wyle ds. Japie van Deventer getroud nadat hulle albei hul lewensmaats verloor het. Hulle het dieselfde jaar na die Kokanje-aftreeoord verhuis en ’n aktiewe lewe gelei. Hulle het die land platgery en hul aftreetyd saam geniet.

Sy laat haar drie kinders, James en Johan Hayes, Elizabeth Griesel en kleinseun, Johan-Brian agter, asook die Van Deventer-kinders, kleinkinders en agterkleinkinders.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button