Local sport

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.


Twee spreekkore (bo en onder) van die Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool in Mookgophong het hul goed van hul taak gekwyt tydens die onlangse Eugène N. Marais-kunsfees. Die junior spreekkoor het ’n spesiale toekenning, en die senior spreekkoor ’n goue toekenning, ontvang. Hulle word afgerig deur Belinda Booysen.


Drie landloopatlete van die Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool in Mookgophong, Mia Botha, Kara Muller en Lize Janse van Vuuren, het baie goeie tye gehardloop tydens die tweede skole landloopbyeenkoms op Woensdag 16 Augustus in Lephalale. Mia was eerste, Kara tweede en Lize derde.
Die landloopatlete van die Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool in Mookgophong het op Woensdag 2 Augustus baie goed gevaar tydens die eerste skole landloopkompetisie by Laerskool Julian Muller. Mia Botha (o.13) het tweede en Kara Muller (o.10) derde geëindig.
Miané Loots en Mia Botha van die Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool in Mookgophong het hul woord gestand gedoen tydens die Interlaerskole se redenaarskompetisie wat op Saterdag 12 Augustus by Laerskool Warmbad in Bela-Bela gehou is. Albei is as wenner in hul afdeling aangewys.
Die Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool in Mookgophong se fietsryers het weer hul staal gewys tydens die tweede skolefietswedren wat op Saterdag 12 Augustus by Hoërskool Tom Naudé in Polokwane gehou is. Shani Botha was tweede in die Nipper-afdeling en Michiel Genis derde in die sub junior laerskool-afdeling. Hulle het ook baie goed gevaar tydens die derde wedren op Saterdag 19 Augustus by Hoërskool Louis Trichardt in Makhado. Shani het ’n eerste- en Michiel ’n derde plek behaal.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button