Local sport

Dié vroue skiet raak!

Die Bosveld Jagtersvereniging (BJV) se Water-bergtak het op Woensdag 9 Augustus ’n skietkompetisie by die Warmbad-skietbaan gehou waar vroue van die omgewing hul vernuf met vuurwapens kon wys.

Die mans is vriendelik gevra om liewer agter die braaivleisvure te staan vir die dag. Daar was 25 vroue en vyf junior meisieskuts wat deelgeneem het.

Retha Weir van Tuinplaas was die algehele topvroueskut van die dag. Sy het ’n toekenning ontvang vir die kolskoot wat sy geskiet het. Lindi Basson was tweede, Liza Engelbrecht derde en Sunette Swart vierde. Saam met Weir op die foto is Pierre Pretorius, BJV-baanbeampte.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button