Local sport

Gewilde Bosveldmyl weer in Oktober

Atlete kan solank opwarm vir die Bosveldmyl-oopwaterswembyeenkoms wat op Saterdag 28 Oktober by die Warmbad-bootklub (Fish Eagle Bay-dam) op die Alma-pad buite die dorp aangebied word.

Die gewilde kompetisie het weens die droogte, toe die dam se vlak te laag was om met veiligheid daarin te swem en die Covid-19-inperkings, skipbreuk gely. Die byeenkoms is verlede jaar weer vir die eerste keer in ’n lang tyd aangebied, maar aansienlik minder deelnemers het opgedaag.

Die organiseerders is vanjaar vol vertroue dat die Bosveldmyl weer sy regmatige plek op die sportkalender sal hê. Daar is reeds wye belangstelling van swemmers buite die Waterberg.

Daar word vanjaar ses items aangebied — 3 km-, 5 km, 1,6 km-, 800 m-, 200m en 400 m-swemafdelings in die onderskeie ouderdomsgroepe.

Die koste beloop R220 vir die 1,6 km-item (die Myl), R100 vir die 100 m en 200 m-item, R170 vir die halfmyl-, R240 vir die 3 km-, asook die nuwe 5 km-item.

Elke deelnemer ontvang ’n medalje.

Die topdriedeelnemers ontvang brons-, silwer- of goue medaljes, asook stewige kontantpryse.

Die organiseerders beloof om vanjaar weer vir deelnemers en ondersteuners ’n genotvolle dag in die pragtige Bosveld-natuur te hou. Alle belangstellendes is welkom.

Vir navrae en inskrywings kan mense die webtuiste: bosveldadventure.co.za of entryninja.com besoek.

Mense kan ook per e-pos navraag doen by: info@bosveldadventure.co.za of die organiseerders te skakel by tel. 084 588 8226.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button