Schools

Boekevat en kekkelbekke

Skole spog met hul kulturele en akademiese uitblinkers.

Die leerders van die Waterbergskool vir CVO in Modimolle het uitstekend gevaar tydens die streeksredenaarskompetisie en Noord-Transvaal Kultuurfees wat op 28 en 29 Julie deur die Hardekool Akademie in Lephalale aangebied is. Henri Pretorius was die algehele wenner vir redenaars gr. 1 tot 3 en Christi Paul is gekies om die streek by die nasionale kunstefees te verteenwoordig. Voor is Lerize Botha, Henri Pretorius, (fasewenner) en HN Van Rooyen. In die middel is Luze Paul, Danje van Rooyen, Chanté van Rooyen, Christi Paul, Rinus Pretorius en Rianco Jacobs. Agter is Henru Botha, Zelmia Smit, Jessica Smit, Nienke Pretorius en Theomari Joubert.

Hoërskool Warmbad se dramagroep het op Maandag 31 Julie aan die Eugène N. Marais Woordfees in Mookgophong deelgeneem en bewys daar is baie talent onder die Warries. Hulle stuk, Monsters, het groot applous uitgelok en ’n goue toekenning verwerf. Die groep het bestaan uit Karla Smith, Nkateko Makhubela, Jan-Paul Smith, Mpho Mashiane, Mamokele Chiloane, Mahlako Senyane, Izandri Strachan, Ke Yi Lin, Karli Brooker, Adriaan Vosloo, Jayd en Kaylo Humphreys.

Related Articles

Back to top button