Home/News/Schools/Nylie-slimmes aangewys Schools Nylie-slimmes aangewys Uitgesoekte leerders van Laerskool Nylstroom is beloon vir hul harde werk. August 6, 2023 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Die drie gr. 4-leerders van Laerskool Nylstroom wat die hoogste punte gedurende die tweede kwartaal behaal het, is Isabella Swart, Arné Oosthuizen en Jordan Georgiades. Isabella glo hoe meer aktiwiteite ’n mens het, hoe wakkerder is jou brein. Arné glo sport help om haar brein te stimuleer en haar ma help haar ook baie deur vir haar vrae te vra as sy klaar geleer het. Jordan sê dit moet lekker wees om te leer en sy verander elke les in ’n speletjie. La-Nika Viljoen, Jacomien de Jager en Spencer Matthysen is die toppresteerders van al die gr. 6’e gedurende die tweede kwartaal. La-Nika glo ’n mens pluk die vrugte van harde werk en Jacomien glo ’n mens moet vasbyt al is jy nie lus vir leer nie. Ruben Lourens, Danelle Roos en Johan van Zyl was die toppresteerders in gr. 7. Ruben sê hy moes soms laat werk om al die werk af te handel, maar dit is die moeite werd om hard te werk. Die gr. 5-leerders van Laerskool Nylstroom met die hoogste gemiddelde persentasie in die tweede kwartaal is Carla Erasmus, Nicola van Zyl en Lize van der Walt (afwesig). Carla sê sy speel nie in die klas nie en vra haar ma om haar vrae te vra as sy klaar geleer het. Nicola sê harde werk is haar geheim, asook oefen-vraestelle van die internet af. August 6, 2023 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Share Facebook X LinkedIn Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print