Local news

Skryf ’n storie en steun die Magrietjies

Finansies wat knyp is deesdae vir bykans alle organisasies ’n uitdaging.

Die Magrietjies in Mookgophong is ’n groep vrywilligers wat kankerpasiënte met groot sorg bystaan en families help met die versorging van hul geliefdes wat kanker het.

’n Weldoener wat anoniem wil bly het besluit om vir die Magrietjies ’n boek saam te stel oor die interessante geskiedenis en verhale uit hierdie mooie Bosveld-dorp en sy mense.

Volgens Toeks Erasmus, ook ’n passievolle inwoner wat graag die Magrietjies ondersteun, is daar besluit dat storievertellers van Mookgophong ’n vertelling, gedig of skets moet neerpen oor enige belewenisse wat hulle in en om die dorp gehad het.

Die sketse en gedigte sal in boekvorm verskyn. Die skrywes moet in goeie smaak val en daar sal ’n prys toegeken word aan ’n baie goeie of interessante storie, skets of gedig. Die sluitingsdatum is Dinsdag 31 Oktober.

“Neem asseblief deel aan hierdie poging,” het Toeks gevra.

Stuur die aanbieding per e-pos aan: estherdupl@gmail.com of r.b.steyn58@gmail.com of toekser@telkomsa.net(.)

Related Articles

Back to top button