Schools

Boekevat en kekkelbekke

Skole spog met hul kulturele en akademiese uitblinkers.


Drie jong aspirantmodelle van Hoërskool Warmbad — Amore van der Merwe, Angelique van Jaarsveld en Chenell Maidment — het op Saterdag 22 Julie in Emalahleni (Witbank) deelgeneem aan Talent Africa se streeksuitdunne. Al drie het uitsonderlik op die loopplank presteer en deurgedring na die nasionale kompetisie wat in September in Sasolburg plaasvind. Al drie het provinsiale kleure verwerf. Indien hulle in September onder die toppresteerders is, kan hulle kwalifiseer vir die internasionale kompetisie in New York. Hulle is deel van die modelagentskap, b-U Models in Bela-Bela. Karen Odendaal is hul afrigter.

Related Articles

Back to top button