Crime

Twee aangekeer oor dwelms

Dit is reeds geruime tyd dat inwoners van Mookgophong bekommerd is oor die toename van dwelmgebruikers in die dorp en die onderwerp is wyd op sosiale media groepe gedeel.

Die polisie se provinsiale georganiseerde misdaadeenheid het egter ’n groot deurbraak gemaak toe hulle twee vermeende dwelmhandelaars in Mookgophong vasgetrek het.

Die verdagtes, ’n 45-jarige vrou en ’n 38-jarige man, is op Donderdag 13 Julie op afsonderlike plekke in hegtenis geneem en het op Vrydag 14 Julie in die Mookgophong-landdroshof verskyn op aanklagte van die besit en handel dryf in dwelms ter waarde van duisende rande.

Volgens kol. Maleseba Ledwaba, polisiewoordvoerder, was die polisie besig met ’n roetine-misdaadvoorkomingsveldtog in Mookgophong se Sektor 1-gebied toe hulle ’n vrou opgemerk het wat besig was om dwelms langs die straat te verkoop. Die polisie het die verdagte geduldig dopgehou terwyl sy “transaksies” beklink het en het haar gevolg tot by haar huis in Uitbreiding 1.

Die polisie het op die huis toegeslaan en tydens die ondersoek is daar op drie sakkies heroïen met ’n straat waarde van R5 000 af gekom wat onder ’n matras versteek was, asook ’n bedrag kontant.

Die polisie het daarna ’n Nigeriese-burger, wat na bewering dwelms in 5de Straat in die dorp verkoop het, in hegtenis geneem. Hy was na bewering in besit van 15 sakkies Crystal Meth-dwelms met ’n geraamde straat waarde van R10 000 en is ook onmiddellik in hegtenis geneem.

“Ek wil graag die manne en vroue in blou loof vir hul toewyding om te verseker dat dwelmhandel uitgeroei word,” het die provinsiale kommissaris van Limpopo, lt. genl. Thembi Hadebe, in ’n mediaverklaring gesê.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button