Local sport
Kwaggas speel hul harte uit
Bela-Bela se Kwagga-rugbyspelers, Dylan van Rooyen, Duan Wilkins en Hanu Nel, het die afgelope naweek in die nasionale Bokkieweek vir die Gazelle 7’s-rugbyspan in Kroonstad uitgedraf.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/134/2023/07/rugby-1-768x470.jpg)
Hulle het teen die nasionale Bokkiespan, asook die span van die Internasionale Rugby Instituut (IRI) gespeel.
Anrico van der Schyff is voorheen vir die Gazelle-span gekies, maar het weens ’n besering sy plek afgestaan.
Die Gazelle-span het albei hul wedstryde in Kroonstad verloor. Dylan, wat ook intussen as spankaptein gekies is, sê hulle het hul harte uitgespeel en goeie ondervinding opgedoen teen geharde spelers.