Letters

Brief: Weslou verdien pluimpie vir goeie diens

Baie dankie aan Weslou vir julle simpatie en empatie.

Rehette Beukes, inwoner van Kokanje-aftreeoord buite Modimolle, skryf:

Ek was nie gedurende die langnaweek aan die einde van April by my Kokanje-tuiste nie.

’n Waterpyp onder die kombuis se wasbak het gebars en die water het dae lank deur my huis gevloei.

Dit was vir my as alleenvrou ’n enorme krisis om te hanteer.

Die gedagte om vir myself elders behuising en stoorplek vir my meubels te bekom, en hoe die herstelproses gaan verloop, was ’n nagmerrie.

Gelukkig het die mense van Weslou Matte twee dae later opgedaag om die vloere te vervang. Hulle het goeie werk verrig en Hein, wat by hulle werk, was ’n uitkoms en ’n seën in my tyd van nood.

Hulle het al my meubels na my stoep gedra en in my motorhuis gestoor. Direk daarna het hulle die herstelproses aan my verduidelik.

Baie dankie aan Weslou vir julle simpatie en empatie. Julle het my agt dae lank bemoedig en getroos.

Ek sou beslis nie alles alleen kon hanteer nie. Julle het baie meer gedoen as waarvoor julle vergoed is.

Julle is ’n wonderlike span mense en ek sal nooit vergeet wat dit vir my beteken het nie.

Nogmaals dankie.

Related Articles

Back to top button