Local sport

Spelers gooi pen onderstebo vir wen

Die nasionale mans- en vroue-jukskeispanne het verlede week hul skeie in Namibië gaan gooi en hul baie goed van hul taak gekwyt.

de Graaff Genis (mans o.60) en Gerty van der Merwe (vroue bo 60) van die Tarentale-jukskeiklub in Mokopane was deel van die Suid-Afrikaanse nasionale spanne wat aan die Namibië Ope-jukskeikampioenskap deelgeneem het. Dit is oor vyf dae in Windhoek gespeel.

Lida Genis het aan Die Pos vertel die nasionale o.60-mansspan het as oorwinnaars uit die stryd getree en ’n goue medalje ontvang in die kampioenskap teen Namibië. Die vroue bo sestig jaar het ook met ’n goue medalje weggestap. Albei spanne het in die A-afdeling deelgeneem.

Daar is ook teen verskeie spanne wat nie deel is van nasionale spanne, skeie gegooi en die mans o.60 span was algeheel tweede.

Gerty van de Merwe (vroue bo 60 jaar) mik vir die pen.

Drie van Limpopo se juniorspelers het ook hul vernuf gewys. Hulle is Ethan Venter en die sibbe Ansonél en Druan Venter. Ansonél (o.19) het vir die Uitnodigingspan teen Namibië gespeel. Die span het algeheel tweede geëindig.

de Graaff Genis (mans o.60) in aksie.

Druan en Ethan, (albei o.16) het in die juniorspelers se B-afdeling gespeel en spog saam met hul spanmaats met ’n eerste plek nadat hulle met verskeie spanne afgereken het.
In die B-afdeling vir seniors het die span van Voetstoots-klub in Limpopo algeheel tweede geëindig.

Die spelers was Fritz Odendaal, Tertius en Melanie Uys, asook Gerhard en Tracy Knoetze.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button