Local sport

Die sand spat soos skeie klap

Die Negester Klein Kariba-leefstyllandgoed buite Bela-Bela se inwoners het op Saterdag 24 Junie ’n markdag, asook ’n jukskei-kompetisie, aangebied wat vir hope pret gesorg het.

Daar het 18 spanne aan die kompetisie deelgeneem.

Plaaslike spanne wat ingeskryf het, was die klubs van Leeupoort, Bella Bos, Kokanje, Die Oog, Naboom en Negester.

Die ander span van Negester-jukskeiklub wat die tweede plek behaal het in die kompetisie, is Martin Scheiffer, Sandra Fritz, Willie Humphries en Andy Anderson. Hannes du Plessie, klubvoorsitter het hul prys oorhandig.
Die Naboom-klub het ’n welverdiende derde plek verower. Willem van Deventer, Herman Venter, Bokkie Trollip en Pieter du Plessie het die klub verteenwoordig. By hulle is Hannes du Plessie, Negester-voorsitter.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button