Local sport

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Christi Paul, ’n jong gimnas van die Kruiskrag-gimnastiekklub in Bela-Bela, het op Saterdag 17 Junie aan ’n vriendskaplike tuimelkompetisie by die Universiteit van Pretoria deelgeneem. Sy het uitgestaan in haar ouderdomsgroep en ’n bronsmedalje verower.

Die Koro Creek seniors gholfklub raak elke maand gewilder in Modimolle. Hul sê die ledetal het al aansienlik toegeneem met senior spelers wat graag ’n potjie gholf saam kom speel. Die klub speel elke eerste Dinsdag van die maand teen mekaar en die wenner stap weg met ’n prys. Die klub spog ook deesdae met splinternuwe spandrag. Die bestuur is baie dankbaar teenoor Haval Modimolle en Haval Bela-Bela wat die spelers trots laat voel om deel van die klub te wees met hul nuwe spandrag.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button