Schools

Nylies presteer op provinsiale vlak

Leerders van Laerskool Nylstroom het op Sondag 4 Junie aan die interprovinsiale uitdunronde van die Allegretto Eisteddfod deelgeneem.

Die Nylies het uitstekend presteer en weggeloop met die volgende toekennings op provinsiale vlak: Altesame 12 leerders het sertifikate ontvang vir hul kunswerke en vier leerders het medaljes ontvang vir uitsonderlike prestasie in die visuele kunsafdeling.

Een leerder het ’n medalje in die spraak- en drama-afdeling ontvang. Vyf leerders het trofeë as provinsiale wenners in die visuele kunsafdeling ontvang.

Twee leerders is aangewys as nasionale ambassadeurs vir 2024.

Related Articles

Back to top button