Crime

Kabeldiewe weer doenig in dorp

Kabeldiewe het ’n onvoorsiene lang kragonderbreking vir dele van Modimolle veroorsaak nadat hulle etlike meters kabel oopgegrawe en gesteel het.

Die Kokanje-aftreeoord, Koro Creek-gholflandgoed, Bosveldsig-aftreeoord en dele van die omliggende woonbuurt het sedert die vroeë oggendure van Maandag 5 Junie nie krag gehad nie. Dit is Dinsdagoggend vroeg herstel.

Volgens wyksraadslid Wiets Botes vermoed hulle die kabeldiewe het deurnag gewerk om sowat 40 m kabel in die stuk veld oorkant Kokanje oop te grawe.

Die munisipale bestuurder, Ben Thobela, het met sy eweknie by die Mogalakwena-munisipaliteit (Mokopane) onderhandel om so spoedig moontlik voorraad van hulle te bekom sodat die herstelwerk vinniger gedoen kan word. Die amptenare van die elekrisiteitsafdeling het deurnag gewerk.

Volgens Botes sal die kabels dieper gelê word om te verhoed dat dit weer gesteel word.

Van die inwoners meen dat die diewe dae lank moes gegrawe het om die kabel oop te kry en dat dit nie net in een aand gedoen is nie.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button