Municipal

Munisipaliteit se geldsake lyk glo ‘beter’

Die ouditeur-generaal (OG) sê die Bela-Bela-munisipaliteit se geldsake lyk beter omdat hulle van ’n ongewenste ouditmening na ’n kwalifiseerde mening beweeg het vir die 2021-2022-boekjaar.

Die OG het die munisipaliteit gekomplimenteer omdat hulle finansiële rekords in pas is met wetgewing. Die munisipaliteit sal egter nou alles in die stryd moet werp om skuldinvordering te verbeter.

Slegs 33 munisipaliteite uit die 257 landwyd het volgens die OG hul geldsake volgens bepaalde riglyne bestuur.

Die OG sê egter dat agt munisipaliteite in Limpopo onbegrote (unfunded) begrotings vir die vorige boekjaar goedgekeur het.

Dit is wanneer munisipaliteite hul vermoë om dienste te voorsien, oorskat. Die nasionale en provinsiale tesourie hou geld vir infrastruktuurontwikkeling terug wanneer munisipaliteite agteruitgang toon.

Lede van die Wyk 1-komitee het reeds in April hul kommer op die openbare deelnamevergadering by Laerskool Warmbad met amptenare gedeel. Hulle is van mening dat die nuwe begroting ’n onbefondsde begroting is.

Bela-Bela is egter vroeër deur die Suid-Afrikaanse plaaslike regerings-assosiasie (Salga) vereer omdat hulle hul kapitale begroting ten volle bestee het.

Sekere raadslede wat onder meer die watersuiweringswerke en rioolwerke moniteer, sê dat die kontrakteurs betaal is, maar die werk wat gedoen is wys tekortkominge.

Die Pos het in Februarie berig dat die Bela-Bela-munisipaliteit steeds min beheer uitoefen oor hul besteding. Onreëlmatige uitgawes van meer as R138 miljoen is glo aangegaan.

In die vorige boekjaar is nog R52 miljoen se ongemagtigde uitgawes aangegaan.

Uit die verslag blyk dit dat die munisipaliteit se skuldlas vergroot het en tans op R104 miljoen beraam word wat die bates oorskry. Die OG het ook uitgewys dat geen dissiplinêre stappe geneem is teen diegene wat verantwoordelik was vir die oorbesteding nie.

Die hooffinansiële beampte, Melvin Marutha, se werkskontrak het intussen verstryk en die pos word tydelik deur ’n ander amptenaar gevul.

Met die nuwe boekjaar (2023-2024) wat op Saterdag 1 Julie in werking tree kan inwoners verwag om meer vir dienste te betaal. Die dorp se nuwe begroting is op Dinsdag 30 Mei goedgekeur.

Die VF Plus-raadslede was nie ten gunste van die begroting se goedkeuring nie. Daar is egter met ’n meerderheidstemme ten gunste van die begroting berus. Inwoners kan die volgende stygings verwag:

  • Grondbelasting styg met 5,2% soos aangedui op die munisipale waardasierol.
  • Elke woning ontvang ’n korting van R50 000 op hul eiendomswaarde. Bona Fide-boere ontvang ’n R55 000-korting, pensioenarisse ’n bykomende 30%-korting en hulpbehoewendes betaal geen belasting nie.
  • Munisipale kragverbruik styg met 15,1%. Verbruikers betaal dus R2,54 per krageenheid vanaf Julie.

Kommersiële eiendomme betaal drie verskillende heffings: R95,60 (basiese heffing), ongeveer R25,43 (kapasiteitsheffing) en R2,20 per krageenheid.

Industriële heffings per maand is (lae verbruik) R2147,60 (basies), R230,42 (kapasiteit) en R1,87 per krageenheid.

Die medium industriële kragverbruikers sal waarskynlik R5 088,40 (basies), R264,95 (kapasiteit) en R1,86 per eenheid betaal.

Die tariewe vir landbougrond is R277,95 (basies), R25,41 (kapasiteit) en R2,20 per eenheid.

Direkte Eskom-verbruikers betaal reeds sedert April 18,65% meer vir krag.

  • Waterpryse per kiloliter styg met 5,9%. Die verbruik is ook op ’n glyskaal van hoër verbruik betaal meer per eenheid.

Dit sal wonings, kerke, skole en die staatshospitale R20,18 per kl (verbruik tot en met 30kl) kos.

Sakeondernemings, regeringsinstellings, hotelle en oorde gaan R30,28 per kl (tot en met 30kl) betaal.

  • Wonings, kerke, skole en staatshospitale betaal vir elke lesingmeter R106,34.

    Ondernemings, regeringsinstansies en oorde betaal R165,78 per kl ekstra.

  • Sanitasie-tariewe lyk so: Wonings, R249 per maand, ondernemings, staatsinstellings en oorde betaal R498. Kerke, skole en staatshospitale betaal R249.
  • Vullisverwydering kos vanaf Julie vir wonings R94 per maand. Kerke betaal R218 terwyl skole en hospitale R435 sal moet opdok.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button