Local news

Mynreuse beweeg stadig deur dorp

Twee enorme mynvragmotors, bestem vir die Grootgeluk-myn in Lephalale, het verlede week aandag getrek toe hulle teen ’n slakkepas deur Modimolle beweeg het.

Menige jong kind was opgewonde oor dié kolosse, wat lyk asof dit meer tuis sal wees in ’n futuristiese fliek as op plattelandse paaie.

Volgens Frits Kroon van Frits Kroon Transport wat die groot Belaz-myntrokke vervoer het, weeg elkeen van die vragmotors 140 ton. Die Belaz-trokke het ’n laaikapasiteit van 240 ton op ’n slag.

Die voertuie se tydsame rit van Ogies tot in Lephalale het ongeveer twee weke geneem, het Kroon gesê. Hul roete het deur Emalahleni (Witbank), Kriel, Devon, Delmas, Bronkhorstspruit en Groblersdal gestrek vanwaar hulle verder met die N11 en R33 tot in Modimolle gereis het op pad na Lephalale via Vaalwater.

Hierdie twee reusevragmotors (foto bo en heelbo) het onlangs deur Modimolle beweeg.

Laagwaterbrue, nat grond, verkeersligte, krag- en telefoondrade is van die struikelblokke wat oponthoud veroorsaak het.

“Wanneer groot vragte vervoer word en daar is verkeersligte en drade wat te laag is, moet daar eers aansoek gedoen word sodat die owerhede die ligte en drade uit die pad kom draai of oplig sodat dit nie beskadig word nie,” het hy gesê.

Die láng, styl opdraende Vaalwater toe was nogal ’n uitdaging en is tydsaam aangepak.

Die oopgroef Grootgeluk-steenkoolmyn net buite Lephalale word deur Exxaro bestuur en het in 2022 ongeveer 32,46 miljoen ton steenkool geproduseer, volgens Mining Technology se webwerf. Sowat 80% hiervan word aan Eskom se naby geleë kragstasies, Matimba en Medupi, verskaf.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button