AdvertorialSponsored

Nuwe 3D-tegnologie nóú in Modimolle

Dr. Werner Müller van Bosveld Denti-Med in Modimolle het onlangs die nuwe 3D CBCT Acteon Xmind-skandeerder aangeskaf.

Dit is slegs die vierde praktyk in Afrika waar hierdie nuwe en omvattende tegnologie deur Henry Schein-verskaffers geïnstalleer is, sê hy.

Die skandeerder voorsien ’n volledige stel Panorex X-straalfoto’s wat ’n omvattende, kliniese diagnose moontlik maak. Dit kan onder meer Panorex X-strale, TM-gewrigfoto’s en “bitewing”-foto’s neem. Dit kan ook beendikte van die kakebeen, posisionering van inplantate en versteekte senuweekanale in tandwortels uitwys. Dit maak dit baie makliker om probleemgebiede korrek te identifiseer en dan die gepaste behandelingsplan saam te stel wat die beste resultate vir elke individuele pasiënt sal lewer.

Kroon- en brugwerk, kunsgebitte, ortodonsie, endodonsie, asook periodonsie is alles spesialisgebiede waarby hierdie tegnologie van groot waarde is. Pasiënte kan vining en effektief gepossisioneer word om die Panorex X-straal te neem. Met hierdie nuwe tegnologie kan die tandarts topgehalte diagnoses en behandeling aanbied.

Dit is nou ook plaaslik beskikbaar vir inwoners, asook vir alle medici in die Waterberg-omgewing.

Kontak Bosveld-Dentimed by tel. 081 458 7827 of tel. (014) 717 1323 om ’n afspraak en baat te vind by hierdie uitstekende nuwe tegnologie.

Related Articles

Back to top button