Local sport

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Karatekas van die Waterberg Karate Academy het op Saterdag 20 Mei in Pretoria aan die JSKA nasionale kampioenskap deelgeneem. Die klub het 18 lede wat meegeding het. ’n Totaal van 41-medaljes is daar gewen. Die klub se kata-spanne het ’n goud- en silwer toekenning gewen. Andreas Enslin is geloof vir sy goeie sportmangees nadat hy vir ’n deelnemer van die Uitenhage kata-span ingestaan het toe dié ongesteld was. Melissa Bloemhof was die klub se beste deelnemer en het drie medaljes op die kampioenskap verower.

Christi Paul van die Warmbad Kruiskrag-gimnastiekklub het op Saterdag 27 Mei aan ’n tuimelkompetisie in Kempton Park deelgeneem waar sy ’n brons medalje verower het.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button