Local sport

Skroef draai al hoe stywer in rugbyliga

Die seisoen vir skolerugby begin einde se kant toe staan en met slegs enkele wedstryde oor, raak die manne gretig om soveel moontlik punte aan te teken.

Die hoërskole wat aan die Noordvaal Trofee-afdeling 2 se liga deelneem, is Hans Strijdom (Mookgophong), Ellisras (Lephalale), Frikkie Meyer (Thabazimbi), Ben Viljoen (Groblersdal), Frans du Toit (Phalaborwa) en Hoër Tegniese Skool Tom Naudé (Polokwane). Met drie wedstryde wat nog gespeel moet word, is Hans Strijdom en Ellisras se eerstespanne bo-aan die punteleer met tien punte elk, gevolg deur Frikkie Meyer met agt punte.

Wat die tweede spanne betref is Ben Viljoen bo-aan die lys met nege punte, gevolg deur Tom Naudé (agt punte) en Ellisras (ses punte).

Hans Strijdom se o.16A-span is tans ook bo-aan die punteleer (10 punte), gevolg deur Frikkie Meyer (nege punte) en Frans du Toit (vyf punte).

Die res van die ouderdomsgroepe se topdrie is as volg: By o.16B is Hans Strijdom bo-aan (10 punte), Tom Naudé (nege punte) en Frikkie Meyer (ses punte). By die o.15A’s is dit Hans Strijdom (nege punte), Ellisras (agt punte) en Ben Viljoen (ses punte), by o.15B Hans Strijdom (tien punte), Frikkie Meyer (tien punte) en Ellisras (nege punte) en by o.14A is dit Hans Strijdom (tien punte), Ellisras (tien punte) en Frikkie Meyer (10 punte). In die o.14B-afdeling is dit Hans Strijdom (10 punte), Tom Naudé (10 punte) en Ellisras (vyf punte).

In die Noordvaal Trofee-afdeling 3 se liga neem die volgende hoërskole deel: Nylstroom, Warmbad, Piet Potgieter, Louis Trichardt, Eric Louw (Musina), Curro Heuwelkruin (Polokwane), Northern Academy (Polokwane) en Stanford Lake College (Haenertsburg). Daar is nog twee ligawedstryde oor.

Louis Trichardt se eerstespan kraai tans koning met 19 punte, Nylstroom volg met 16 punte en Warmbad is derde met 15 punte. Piet Potgieter se tweedespan het die meeste punte aangeteken (19 punte), gevolg deur Eric Louw (16 punte), Northern Academy (11 punte) en Nylstroom en Warmbad (beide met 10 punte).

Nylstroom se o.16-span het 20 punte aangeteken, Curro Heuwelkruin het 19 punte en Stanford Lake College het 16 punte. Nylstroom se o.15-span staan bo-aan die puntelys met 19 punte, Eric

Louw het 17 punte en Louis Trichart het 16 punte. Curro Heuwelkruin se o.14-span loop voor met 17 punte gevolg deur Nylstroom (16 punte) en Louis Trichardt (16 punte).

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button