Local sport

Skeie tref die merk by opedag

Die Herfs Jukskei-opedag is op Saterdag 20 Mei by Die Oog-aftreelandgoed aangebied.

Altesame 22 spanne het hul slag in die toernooi gewys. Die spanne in Die Pos se lesersgebied wat deelgeneem het, is Leeupoort-, Bela Bos-, Kokanje-, Naboom Tarentale en Die Oog-spanne. Die organiseerders sê die geleentheid was vol pret en goeie sportmangees.

Justin van Deventer, Willem van Deventer, Lindi Schoonwinkel en Timmie Verster van die Naboom 2-span wat die skeie laat klap het, was algeheel tweede.
Die Naboom 3-span het ’n welverdiende derde plek verower. Hulle is Andries en Ilse Verster, Louies Nel en Nannie Coetzee.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button