Local news
Toestand van sypaadjies skokkend
Die Pos het weer klagtes ontvang oor die toestand van die sypaadjies in Bela-Bela.
Die sypaadjie op die hoek van Grobler- en Robertsonstraat, asook Ludorf- en Groblerstraat is al geruime tyd ’n seeroog en gevaarlik vir voetgangers — veral tydens beurtkrag wanneer dit donker is. Die Pos het die saak met Thomas Pilane, hoof van paaie by die munisipaliteit, opgeneem. Hy het onderneem om die klagtes te ondersoek.