Schools

Klein Nylies se slimkoppe aangewys

Laerskool Nylstroom het onlangs hul toptien presteerders in elke graad aangewys. Hier is die topdrie-leerders. Gaan loer gerus na die foto’s van die toptien leerders op Die Pos se Facebookblad.

Die topdrie-presteerders in gr. 5 vir die eerste kwartaal was Carla Erasmus, Tiané Strydom en Nicola van Zyl. Die res van die toptien was Lize van der Walt (4), Deniel Bloem (5), Anesia Jordaan (5), Michal Groothof (7), Luke Snyman (8 ), Gerard Roodt (9) en Jessica Smith (10). Carla sê dat wanneer dit tyd is om te leer, léér sy en mors nie tyd nie. Tiané sê sy lees bietjie vooruit in die handboek en verstaan dan beter as dit in die klas behandel word. Nicola se gr. 7-boetie stel vir haar vraestelle op sodat sy kan sien waar sy harder moet leer.
Swot dat die sweet spat! Die topdrie gr. 6-leerders is La-Nika Viljoen, Jacomien de Jager en Spencer Matthysen. Die res van die toptien is Ebert van der Merwe (4), Christiaan Laubscher (5), Arnu Grové (6), Charné van der Colff (7), Elizma Weyers (8), Schalk du Plessis (9) en Danielle Honeycomb (10). La-Nika sê haar pa sê dat harde werk betaal. Jacomien se ouma se raad aan haar was swaarkry, klaarkry, lekkerkry. Spencer sê hy let mooi op in die klas en vra as hy nie verstaan nie.
Isabella Swart, Arné Oosthuizen en Jordan Georgiades en Sioné Lourens (afwesig) het onderskeidelik die beste punte by die gr. 4’s behaal. Die res van die toptien was Lurizé Mienie (5), Ludré Viljoen (6), Mckayla van Staden (7), Nayleé Deysel (8), Rohané Frick (8), Ehan Timmerman (8), Clarissa Crause (11) en Rouselle van Dyk (11). Isabella sê haar mamma help haar sodat sy vroeg begin leer. Arné sê sy het baie aktiwiteite maar maak tyd vir leer en Jordan sê al is die huiswerk baie probeer sy dit altyd doen.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button