Schools

Warries se ‘Tank’ steel harte

Daar heers groot opwinding by Hoërskool Warmbad nadat die skool op Woensdag 3 Mei hul eerste gelukbringer (mascot), genaamd Tank, aan die leerders, borge en personeel bekendgestel het.

Tank, wat die toonbeeld is van die Warrie Wolwe-tema, sal voortaan by elke sportbyeenkoms gesien word om die gees onder toeskouers aan te wakker. Louis Cilliers, skoolhoof, sê die wolf verteenwoordig ’n gedissiplineerde eenheid en dit is juis wat die Warries vanjaar wil uitleef.

Related Articles

Back to top button