Local news

Malaria neem toe in Limpopo-provinsie

Die Limpopo departement van gesondheid waarsku reisigers dat malaria-gevalle in die provinsie toegeneem het.

Die departement moedig mense aan om voorkomende stappe teen die siekte, wat endemies is aan die Suider-Afrikaanse gebied, te neem.

Gevalle het die afgelope vier weke gestyg en die syfer staan reeds op 1 423 vir die jaar. Twee mense is oorlede. In 2022 was die totale aantal mense wat malaria opgedoen het, 1 745.

Die toename in gevalle word toegeskryf aan die weersomstandighede wat gunstig is vir muskiete wat broei en omdat heelwat mense gedurende Paasnaweek gereis het.

Die gebiede met die meeste gevalle is Vhembe (noordelike en oostelike Laeveld) en die oostelike deel van die Mopani-streek.

Malaria, indien dit vroeg ontdek word, kan met medikasie behandel word. Die simptome is soortgelyk aan verkoue en griep en sluit in kouekoors, hoofpyne, spierpyn en moegheid. In sommige gevalle is naarheid en diarree ook simptome. Mense wat hierdie simptome het, moet hul algemene praktisyn raadpleeg en hul reisgeskiedenis aan hom of haar noem.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button