Die slimkoppe van die die Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool in Mookgophong wat in die eerste kwartaal fluks agter die skoolboeke was, is verlede week bekendgemaak. Hulle het akademiese balkies ontvang.
Hierdie gr.6-leerders was almal toppresteerders aan die einde van die eerste kwartaal. Voor is Mika van Jaarsveld, Divan de Bruin, Hilde Fouché, Harrich Pretorius en Stiaan Pretorius. Agter is Nikla Janse van Vuuren, Lumé Venter, Waldo Grobler, Mieke de Beer en Liam Pretorius.
Die gr. 5-leerders wat uitgestaan het, was Melienke Grobler en Annika Fouché.Euphorbia-skool se gr.7-presteerders is Mieke Botma, Lexi Knapton en Renier Pieterse. Agter is Wihann Schalekamp, Lize Janse van Vuuren en Mia Botha.