Die Koro Creek Seniors-gholfklub het op Dinsdag 2 Mei hul maandbyeenkoms met groot opwinding in Modimolle gehou. Altesame 23 spelers het deelgeneem. Ernest du Plessis het met die Haval-maandbeker weggestap. Die klublede het na afloop van die kompetisie hul klub se somerafsluiting met ’n gesellige braai gevier. Gholfspelers bo 60 is welkom op by dié klub aan te sluit en elke eerste Dinsdag van die maand vir ’n potjie gholf op te daag.