Local sport

Kwaggas wen rolballiga

Die Kwaggarugbyspan van Bela-Bela het baie meer talente as net rugby speel.

Van die spelers is op Dinsdag 9 Mei as algehele wenners van die Warmbad-rolbalklub se sakeliga aangewys.

Die Kwaggas het twee spanne vir die liga ingeskryf — die Bosveld Kwaggas en die Bosveld Zebras — wat senior- en junior spelers ingesluit het.

Die Bosveld Zebras was die wenners met ’n finale puntetelling van 45. Die Bosveld Kwaggas het 15de geeïndig met 27 punte.

Die sakeliga word sedert 2022 gespeel en die toernooi eindig elke jaar in Mei. Altesame 28 spanne het oor 27 rondes by die rolbalklub meegeding.

Die organiseerders van die liga het vroeër gesê die kompetisie is juis gestig om die sakesektor byeen te bring. Spelers kan saam kuier om die positiewe beeld van die dorp te bevorder en uit te dra. Die rolbalklub het ook aansienlik gegroei in ledetal.

Die Kwaggas se rugbyseisoen ry tans wipplank. Hulle het hul laaste wedstryde teen Loskop- en Nylstroom- rugbyklubs verloor.

Die Kwagga-afrigters glo egter dat daar met die nodige beplanning en dissipline eersdaags ’n ommeswaai in die Kwaggas se spelpatroon en prestasies sal wees.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button