Schools

Hansie mik na hoër hoogtes

Om ’n entrepreneur te wees, verg uithouvermoë, vroeg opstaan en laat gaan slaap, maar dit is opofferings wat Phillip Bredenhann, ’n gr. 10-leerder van Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong, bereid is om te maak.

“My ouma het in die Covid-19-tyd van haar resepte vir my gegee om te beproef. Ek het gesien dat ek geld kan maak uit van die produkte en het dit by die skool begin verkoop. Later het ek ook in die dorp van my produkte van die hand gesit. Die aanvraag het so groot geword dat ek nou my eie sakeonderneming, Phillip se Kombuis, bedryf,” het hy geesdriftig vertel.

Deesdae gebruik hy elke geleentheid wat hy kry om sy gewilde sjokoladeblokkies te maak en by markte en in winkels te verkoop.

Phillip het die jong entrepreneur en miljoenêr, Albert van Wyk, gekontak nadat sy tannie ’n program oor Van Wyk op televisie gesien en hom daarvan vertel het.

Van Wyk was ook op skool ’n entrepreneur en was op 22-jarige ouderdom ’n miljoenêr.

“Hy het my vroeg in 2023 gekontak en ek het met hom gereël om sy suksesverhaal met ons skool te kom deel en vir die Hansies meer inligting te gee oor die kompetisie wat hy onderskryf: Maak my ’n miljoenêr,” het Bredenhann gesê.

Van Wyk het die skool besoek en leerders gemotiveer om kreatief te dink en vir die kompetisie in te skryf.

Phillip het aanvanklik gehuiwer, maar toe wel op Maandag 20 Maart ingeskryf.

Groot was sy verbasing toe hy as een van die top 50 inskrywings aangewys is.

Daar was altesame 36 000 inskrywings vir die kompetisie.

Die volgende ronde word einde Mei gehou en daarna sal slegs 20 deelnemers verder meeding.

Die kompetisie word in samewerking met die ATKV, Afrikaans.com en GAZZAROO aangebied.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button