Local news

Oom Pikkie sterf

Die voormalige ryskoolinstrukteur en oudhoof van verkeer in Bela-Bela, Nico “Pikkie” Pienaar (77), is op Maandag 1 Mei oorlede nadat hy vermoedelik ’n hartaanval gehad het.

Pienaar het jare lank aan diabates gely. Sy regterbeen moes in Maart geamputeer word.

Hy het tuis aangesterk, maar daarna weer ’n terugslag beleef en moes weer in die hospitaal opgeneem word.

Hy word veral onthou vir sy bydraes by die verkeersafdeling, die Waterberg ATKV-kunstefees, sy hulp aan liefdadigheidsorganisasies, as veteraanvoertuigliefhebber en as ’n staatmaker in die gemeenskap.

Sy vrou, Elize, was vir meer as 20 jaar sy regterhand. Pienaar se begrafnisreëlings was teen druktyd nog nie bekend nie.

Related Articles

Back to top button