Local sport

Marnus ryg die medaljes in

Drie goue en ’n silwer medalje pryk ná die afgelope Suid-Afrikaanse-skoleswemkampioenskap in Durban, KwaZulu-Natal, om die nek van Marnus Truter.

Marnus (12), ’n gr. 6-leerder van Laerskool Krugerpark in Mokopane, was deel van die Limpopo-span wat van 20-24 April in die Kingspark-swembad sy slag gewys het.

Hy het goue medaljes in die 50 m, 100 m en 200 m rugslag gewen en ’n silwer medalje in die 50 m wisselslag.

Marnus het op tweejarige ouderdom as peuter by die Tuks Mokopane-swemklub aangesluit waar Awie Hattingh hom meer oor waterveiligheid geleer het.

Sy ma, Arietha, vertel hy oefen sedertdien daagliks onder die wakende oog van Hattingh. Hy was net vyf jaar oud toe hy aan sy eerste gala deelgeneem het.

Die ander swemmers van Mokopane wat ook aan die SA’s deelgeneem en goeie tye behaal het, was Carmi Schoeman, Carla Dannhauser, Stephanie Dannhauser, Jacobus Botha en Petri Grobler.

Die swemmers, wat almal deel is van die Tuks Mokopane-swemklub, bedank Hattingh vir sy harde werk.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button