Local news

‘Stoeiende’ mambas laat stappers verstom

Die stapklub van die Negester-leefstyllandgoed buite Bela-Bela het op ’n besondere natuurverskynsel by die ATKV Klein Kariba-vakansieoord afgekom.

Hulle was paraat met hul fone en het video’s en foto’s geneem en vir Die Pos gestuur van twee bielie-swartmambamannetjies wat in ’n stoeigeveg betrokke is.

Theunis Victor, slangkenner en -vanger van die omgewing, sê wanneer swartmambas baklei is daar gewoonlik ’n wyfie in die omgewing.

“Die wenner van die geveg het gewoonlik die reg om met haar te paar,” vertel hy. “Ek sal egter nie waag om naby hulle te kom nie, want hoewel dit op die oog af lyk of hulle net op mekaar konsentreer, is hulle steeds bewus van enige beweging om hulle. Pofadders en mambas is hierdie tyd van die jaar baie bedrywig en mense sal hulle dikwels teëkom waar hulle in ’n geveg betrokke is.”

Related Articles

Back to top button