Crime

Bedrogsaak na streekhof oorgeplaas

Die bedrogsaak teen die eienaar van ’n onderneming wat jare lank regsdienste in Modimolle aangebied het, was op Vrydag 21 April weer in die hof.

Verskeie bedrogklagtes is teen Yeolande Botes (42) van Leshole Legal aanhangig gemaak. Daar word onder meer beweer dat sy haarself as ’n prokureur voorgedoen het. Van die ander klagtes handel oor die verkoop en registrasies van eiendomme. Die klagtes strek van 2016 tot 2021.

Die saak is na die streekhof oorgeplaas omdat die distrikshof nie jurisdiksie het om oor bedrogklagtes, waar hoër bedrae geld ter sprake is, te beslis nie.

Die bedrogklagtes beloop etlike miljoene rande.

Die saak teen Botes sal weer op Dinsdag 27 Junie in die streekhof in Modimolle aangehoor word.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button