Local sport

Speel ’n ronde gholf vir ’n goeie doel en groot pryse

Die Sonstraaltehuis bied op Vrydag 5 Mei ’n gholfdag aan by die Koro Creek-gholflandgoed in Modimolle.

Die Sonstraalskool en -tehuis bied sedert 1996 opleiding en verblyf aan fisies en leergestremde kinders in Modimolle.

Diegene wat aan die gholfdag deelneem kan afslag kry op ’n ervaring saam met jagluiperds en as bonus is daar ’n R100 000 prysgeld vir die speler wat ’n “hole in one” slaan. Daar is verskeie ander pryse ook te wen.

Die gholfdag se formaat is ’n vierbal-alliansie (twee tellings tel). Afslaan is reeds om 09:00. Dit kos R2 400 per vierbal (gholfkarretjie uitgesluit).

Besprekings kan gemaak word by die Proshop by tel. (014) 495 0026/30 of by proshop@korocreek.co.za.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button