Local news

Kanker eis geliefde kelner

Vriende en familie van Quinton Jones (39), ’n bekende en geliefde kelner van Modimolle het verlede week hartseer van hom afskeid geneem ná ’n stryd teen kanker.

Jones is op Donderdag 30 Maart oorlede. Sy troosdiens is gelei deur prof. Henk Potgieter. Dit is by Una Pizza buite Modimolle gehou waar Jones tien jaar lank ’n kelner was. Die personeel van die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) en die Georgiades-familie van Una Pizza, wat hom bygestaan het, sê hulle het baie lief geword vir hom. Daar het vier jaar gelede ’n letsel op sy lip ontstaan wat later as plaveiselselkarsinoom gediagnoseer is.

Vier ingrypende operasies kon dit nie stuit nie. Hulle bedank elkeen wat bydraes gelewer en gunste bewys het aan Jones in die tyd toe hy nie meer kon werk nie.

Related Articles

Back to top button