Home/Sport/Local sport/Oor die wenstreep… Local sport Oor die wenstreep… Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg. April 23, 2023 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Die eerste byeenkoms van die Limpopo-landloopliga het op Saterdag 15 April by Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong plaasgevind. Kgethego Matlou van Hoërskool Nylstroom het ’n tweede plek in die 4 km vir seuns o.15 behaal. Atlete van alle ouderdomme van regoor die provinsie neem aan die ligas deel om te kwalifiseer vir die Suid-Afrikaanse kampioenskap wat in September in Gqeberha (Port Elizabeth) plaasvind. Verskeie ander atlete van die skool het ook deelgeneem en goed presteer. Die volgende ligabyeenkoms vind op Saterdag 13 Mei in Polokwane plaas. Ruan Turvey van die Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool in Mookgophong het vanaf 25-27 Maart aan Swem Suid-Afrika se Vlak 3-swemkampioenskap in Germiston, Gauteng, deelgeneem. Ruan het goed gevaar in rugslag, wisselslag, vryslag en borsslag en hy het in sy onderskeie items onder die top 30 geëindig het. Mia Botha van die Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool in Mookgophong het vanaf 20-21 Maart aan die Suid-Afrikaanse Skole-atletiekbyeenkoms in Pietermaritzburg, Kwazulu-Natal, deelgeneem. Sy het algeheel ’n vierde plek in die 200 m vir meisies o.13-behaal. You can read the full story on our App. Download it here. April 23, 2023 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print