Crime

Booswigte blaas Radium-kitsbank op

Die Radium-vulstasie het op Woensdagoggend 5 April deurgeloop toe booswigte die kitsbank in die gebou met plofstof opgeblaas het.

Die voorval het omstreeks 00:30 die oggend plaasgevind.

Lt. kol. Annemarie Smith, Bela-Bela-speurtakhoof, sê ’n groep verdagtes het die oggend by die vulstasie opgedaag om brandstof in te gooi.

Die verdagtes het die vulstasie-personeel met semi-outomatiese- en handwapens aangehou.

Die rowers het plofstof gebruik om die kitsbank in die vulstasiegebou, asook ’n kluis, op te blaas. Niemand is in die voorval beseer nie, het Smith gesê.

’n Onbekende bedrag kontant is gebuit en die rowers. Die rowers het met ’n vol tenk brandstof in ’n swart voertuig weggejaag. Daar was geen nommerplate op die voertuig nie.

Die polisie stel verdere ondersoek in.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button