Local sport

Die skeie klap by SA’s

Die jukskeispelers van Limpopo het hul bes gelewer tydens die 82ste Suid-Afrikaanse Senior Jukskeikampioenskap wat van 25 tot 31 Maart in Kroonstad gehou is.

Lida Genis, speler van die Tarentale-jukskeiklub in Mokopane, vertel die ouderdomme het gewissel van o.30 tot spelers ouer as 70 jaar.

Die spelers van Limpopo het in die mans bo 50-jaar en vroue A2-afdelings meegeding. Die mansspan het algeheel vyfde geeïndig en die vroue in die A2-1-span het ’n silwer medalje opgeraap met ’n spoggerige tweede plek.

Uitblinkers in die vroue A2 en mans bo 50 jaar se A2-afdeling: Elmarie Genis, Tertius Uys en Lida Genis.

Die spelers van die Tarentale-jukskeiklub wat Limpopo verteenwoordig het, was André Coetzee, Rina Colyn, de Graaff Genis, Lida Genis, Fanus Genis, Elmarie Genis, Adri Muller, Dalene Smit en Gerty van der Merwe. Tertius Uys het deelgeneem as speler vir die Suid-Afrikaanse Akademiespan en het in die mans bo 50 A2-afdeling deelgeneem.

Die spelers wat aan die proewe deelgeneem het om vir die nasionale spanne gekies te word, het die skeie behoorlik laat spat. Die spelers is: de Graaff Genis, Lida Genis, Elmarie Genis en Gerty van der Merwe. de Graaff Genis is na afloop van die proewe vir die mans bo 50-span gekies en gaan van 3-7 Julie in Windhoek aan die Namibië-jukskeikampioenskap deelneem. Na afloop van die Suid-Afrikaanse Senior kampioenskap het Elmarie Genis, Lida Genis en Tertius Uys merietetoekennings ontvang as uitblinkers in die onderskeie A2-afdelings.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button