Crime

Diefstal van vee en voertuie neem toe

Wees versigtig want skelms wil daardie betroubare ou voertuig van jou hê, waarsku die Modimolle-polisie.

Die afgelope paar weke was daar ’n aansienlike toename in die diefstal van ouer voertuie uit inwoners se erwe.

Volgens AO Pieter Booyse verkry diewe snags toegang tot erwe waar hulle ouer model voertuie teiken. Inwoners in Phagameng-township loop ook deur, maar die diefstalle gebeur meer gereeld in die ander woonbuurte.

Kabeldiewe besorg die polisie ook hoofbrekens en hulle vra dat die gemeenskap sal help om hul oë en ore te wees. “Indien enige iemand ’n verdagte persoon naby elektriese drade sien, neem foto’s en meld dit aan, selfs al dra hulle uniform,” het hy gesê. “Ons sien gevalle waar kabeldiewe selfs sover gaan om van die werkers se uniforms van wasgoedlyne af te steel, sodat hulle kabels kan steel sonder dat inwoners onraad vermoed.”

  • Voorts het die polisie ook boere gewaarsku om hul beeste te beveilig, aangesien veediewe baie bedrywig is in die omgewing.
    Plase reg rondom Modimolle loop tans deur onder veediewe wat snags die diere aankeer en op die plaas slag. Volgens Booyse neem hul dikwels net die vleis wat hul wil hê en los die res in die veld.

“Boere moet op die uitkyk wees vir verdagte voertuie en hul veekampe deurkyk vir strikke. Die diewe vang die diere in ’n strik sodat hulle dit makliker van kant kan maak,” het hy gewaarsku.

Boere wie se grond aan die N1-snelweg grens verloor gereeld vee aan die hand van die potslagters.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button