Local news

Jongmense reik uit na gemeenskap in nood

’n Groep jongmense van die Sewende Dag Adventiste Kerk in Modimolle het die hele gemeente nader gehark om deel te wees van die Adventiste se Internasionale Jeugdag.

Die jongmense het op Saterdag 18 Maart die strate ingevaar om broodjies, sop, vrugte en klippies waarop Bybelverse geverf is, uit te deel. Gemeentes van regoor die wêreld neem jaarliks aan hierdie uitreik in hul plaaslike gemeenskappe deel.

Die volwassenes se hulp is vooraf ingeroep en meer as 200 klippies is geverf om saam met net soveel kospakkies te versprei. Die jongmense het in groepe verdeel en hul kospak-
kies uitgedeel aan mense wat in nood is.

“Die kinders het eerstehands beleef hoe bevoorreg hulle is. Dit was ’n les wat diep spore in hul tienerharte getrap het,” het Amanda Muller van die gemeente gesê. “Die kinders het teruggekom met merkwaardige verhale van hul kontak met die gemeenskap. Hulle het vertel van mense wat doodhonger was en dankbaar was vir die kos en van gesigte wat gestraal het nadat hulle hul geskenkklippie, leesstof of ’n Bybel ontvang het,” het sy gesê.

Related Articles

Back to top button