Home/Sport/Local sport/Skole meet kragte Local sport Skole meet kragte Hoërskool Nylstroom het op Saterdag 10 Maart op hul tuisveld kragte in opwarmingswedstryde teen Hoërskool Frikkie Meyer van Thabazimbi se B-spanne gemeet voordat die liga in alle erns begin. Die twee skole neem aan verskillende ligas deel. March 20, 2023 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Die Nylies se eerstespan het hul wedstryd naelskraap met 21-19 gewen. Die tweedespan het hul wedstryd teen Hoërskool Frikkie Meyer oortuigend gewen en die eindtelling was 22-7. Die o.16-span het kookwater-rugby gespeel en vir Thabazimbi gewys wie is baas op die rugbyveld. Die eindtelling was 40-7. Die speler van die wedstryd in die o.16-kragmeting is ook ’n Nylie. Wihan Bezuidenhout het harde aanvallende spel gespeel en die Nylies het die gapings gebruik om punte aan te teken. Gavin Smith, wat vir die eerstespan uitgedraf het, is aangewys as die speler van die wedstryd. Divan Mulder van die tweedespan is aangewys as speler van die wedstryd ná hul kragmeting. Die Nylies se Marnus Rontgen is gekies as beste speler by die o.15-span en Peet Snyman by die o.14’s. March 20, 2023 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Share Facebook X LinkedIn Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print