Home/News/Schools/Boekevat en kekkelbekke Schools Boekevat en kekkelbekke Skole spog met hul kulturele en akademiese uitblinkers. March 5, 2023 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Bosveldspruitjies Kleuterskool in Bela-Bela het op Maandag 13 Februarie hul jaarlikse kenmekaar-byeenkoms by die skool gehou. Die kleuters het ook opgetree tot groot vermaak van die gehoor. Die tema was Seas the Day en die kleuters wat soos visse aangetrek was, het tot groot vermaak die gaste bekoor met hul liedjies oor die see. Bosveldspruitjies is ’n satelietskool van Laerskool Warmbad. Laerskool Warmbad se seniorwenners van hul interne ATKV-redenaarskompetisie wat op Woensdag 15 Februarie by die skool gehou is, staan trots reg vir die kamera. Die junior-uitdunne het die dag daarna plaasgevind. Die leerders het deelgeneem in huistaal en eerste addisionele taal. Hoërskool Warmbad spog met 11 onderwysers wat deur die Bela-Bela-munisipaliteit tydens ’n spesiale toekenningsgeleentheid vereer is vir die prestasies wat hul matrieks tydens verlede jaar se eindeksamen behaal het. Hulle is Leone Lepart (rekenaartoepassingstegnologie), Marnel Snyman (lewenswetenskap), Nick Louw (siviele tegnologie), Thinus van der Heever (geskiedenis), Sasha Jooste (rekeningkunde), Danica van den Berg (ekonomie) en Stephanie Bauer (Engels Huistaal). Afwesig tydens die neem van die foto: Celia Groothof (toerisme), Marion Verwey (wiskunde), Cathy van Vuuren (verbruikerstudies) en Danielle Prins (Afrikaans Eerste Addisionele Taal). You can read the full story on our App. Download it here. March 5, 2023 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print