Local sport

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Twee swemmers van die Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool in Mookgophong, Luan Venter en Ruan Turvey, het begin Februarie aan die Limpopo-skoleswemkampioenskap in Tzaneen deelgeneem. Uit die 105 seunswemmers het Luan sewende en Luan 13de geëindig. Luan het tweede plekke in borsslag en vlinderslag vir seuns o.9 behaal. Ruan was eerste in rugslag en vryslag en het ’n tweede plek in borsslag en vlinderslag vir seuns o.11 behaal.
Hierdie atlete van Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool in Mookgophong het op Dinsdag 21 Februarie aan die Bosveld Interlaer by Laerskool Eugene N. Marais deelgeneem. Die atlete het almal onder die topdrie in hul afdelings geëindig. Voor is Stian Storm, Mianè Nel, Ina-Marie Fouché, Hannes Roux, Livia Venter en Miane Loots. In die middel is Luan Venter, Ruan Turvey, Rubin Botma, Shani Botha en Kara Muller. Agter staan Mieke Botma, Mia Botha, Jurgens van Aswegen, Lize Janse van Vuuren en Liam Pretorius.
Ses leerders van Laerskool Nylstroom in Modimolle gaan op Vrydag 3 Maart aan die Limpopo-atletiekkampioenskap in Polokwane deelneem. Hulle is Lize van der Walt (o.11-gewigstoot), Surika Janse van Rensburg (o.13-skyfwerp), Danelle Roos (o.13-hoogspring), Zardus Coetzee (o.13-spiesgooi), Henco Marx (200 m-hekkies en 80 m-hekkies vir seuns o.13) en Christiaan Laubscher (o.12-spiesgooi
Laerskool Eugène N. Marais in Mookgophong is trots op die leerders wat gekwalifiseer het om op Vrydag 3 Maart aan die Limpopo-atletiekkampioenskap in Polokwane deel te neem. Hulle is Dimpho Ledwaba, Katlego Mahopa, Thianessa Stols, Zuret Gilliland, Amere Smit, Mabiba Nkhanyamane en Larize van der Walt.
Die groep jong atlete van Laerskool Eugene N. Marais in Mookgophong het tydens hul onlangse Interlaer-byeenkoms verskeie medaljes verower. Die skool is baie trots op dié atlete.
Kele Mochaki, ’n gr. 7-leerder aan Laerskool Nylstroom, is gekies vir Limpopo se o.13-streekshokkiespan.
Ninina Booysen van Laerskool Nylstroom is ingesluit in Limpopo se o.12-hokkiespan.
Dié atlete van Hoërskool Nylstroom het deurgedring om op Saterdag 4 Maart deel te neem aan die Limpopo-atletiekkampioenskap in Polokwane. Van links is Wihan Bezuidenhout, Pieter van Heerden, Tiaan Steffen, Daniël Briel, Zoë Coetser, Erlu Fourie, Marnus Rontgen, Peet Snyman, Kgaugelo Robinson en Amogetswe Modimola. Dan staan Amy-Jane de Villiers, Anri Briel, Shirley Maboa, Kgethego Matlou, Mamiki Sebothoma, Mieke Mienie, Tariro Nkosi, Junior Sebake, Xolani Kekana, Ofentse Baloyi en Tshimega Sebonego. Afwesig tydens die neem van die foto: Brandon Brandford, Leoné Lottering, Davin Shingange, Ipeleng Rehlamvu, Willie Kruger en Jesse-Dean Nortjé.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button