Letters

Brief: Sal die treine weer loop?

Dit is so gevaarlik om by spoorwegstasies in Zimbabwe stil te hou dat lokomotiewe op geheime plekke op die roete diesel en water inneem.

Gawie Richter van Bosveldsig, Modimolle, skryf:

Toe die Suid-Afrikaanse regering in 1994 deur die ANC/SAKP/Cosatu-kaders oorgeneem is, was daar ’n treindiens wat gereeld vanaf Pretoria via Modimolle tot in Zimbabwe en Mosambiek diens gedoen het.

Het jy geweet dat daar steeds ’n privaat treindiens is wat vakansiegangers vanaf Gauteng tot by die Victoria-waterval in Zimbabwe vervoer?

Dit is so gevaarlik om by spoorwegstasies in Zimbabwe stil te hou dat lokomotiewe op geheime plekke op die roete diesel en water inneem.

Daar is byvoorbeeld tussen Pienaarsrivier en die Springbokvlakte, asook tussen Modimolle en Vaalwater, slegs hier en daar tekens van spoorlyne sigbaar. Gaan die beloftes in toesprake dat ons spoorvervoer weer gaan herleef dalk bewaarheid word? Ons sal maar weer moet wag en kyk?

Of gaan die spore een vir een doodloop soos die spoor na Zimbabwe?

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button