Schools

Toekennings vir Hansie-slimkoppe

Die leerders van Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong het tydens ’n spoggerige prysuitdeling op Donderdagaand 2 Februarie toekennings vir hul akademiese prestasies ontvang.

Hierdie spesiale prysuitdeling vind jaarliks in die eerste kwartaal plaas om aan leerders erkenning te gee vir prestasies wat in die vorige jaar op akademiese gebied behaal is. Johanette Pretorius, departementshoof vir tale by die skool, was die organiseerder.

Rinus de Jager, skoolhoof, het in sy verwelkoming die leerders gelukgewens met hul prestasies en hulle sterkte toegewens vir 2023.

“Dit is belangrik dat leerders op alle gebiede, maar veral vir akademie, erkenning kry vir hul toegewyde werk in die klaskamer,” het De Jager gesê.

“Ek is baie trots op elke leerder wat hul bes in 2022 gelewer het en veral ons matrieks van 2022. Dit was weer ’n bewys dat waar ’n wil is, is ’n weg, want dit was ook ’n moelike jaar met baie uitdagings,” het Lizel Swart, akademiese adjunkhoof van die skool, gesê.

Sy is baie optimisties oor die matrieks van 2023 en glo dat hulle goeie uitslae sal behaal. Swart het beklemtoon dat akademie baie belangrik vir die Hansies en hul onderwysers is.

Leerders is nie net vereer nie, maar is ook gemotiveer om nog harder te werk sodat hulle hul plek ná skool, in die werkplek kan volstaan.

Marnus Law ontvang die trofee vir die hoogste gemiddelde persentasie in gr. 8 (94,89%), asook die trofee vir die junior seun (gr. 8 en -9) met die hoogste gemiddelde persentasie.
Lanie Briel ontvang die trofee vir die hoogste gemiddeld in gr. 9 (93,11%), asook die trofee vir die junior meisie met die hoogste gemiddelde persentasie.
Isebelle de Beer (94%) ontvang die trofee vir die hoogste gemiddeld in gr. 10 (94%) en die trofee vir die senior meisie met die hoogste gemiddeld.
Rochelle Ruthven ontvang die trofee vir die hoogste gemiddeld in gr. 11 met 84,14%.
Magda du Preez was die matriekleerder van 2022 wat die hoogste gemiddelde persentasie (83,80%) behaal het. Magda het ook tydens die dikstriksprysuitdeling die toekenning ontvang vir die hoogste gemiddeld in Engels (First Additional Language) naamlik 90%.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button