Local sport

Bela-Bela se Kwaggas stoei voort

Die Kwagga-rugbyklub van Bela-Bela het verlede Saterdag teen die Oryx Valke-rugbyspan op Hoërskool Warmbad se rugbyveld uitgedraf in hulle eerste vriendskaplike wedstryd van die seisoen.

Die Kwaggas se eerste- en tweede spanne het albei wedstryde met onderskeidelik 11-10 en 27-17 verloor. Die afrigters is nietemin trots op die spelers.

Die Kwaggas word as ’n reserweklas-klub geklassifiseer, maar behaal steeds goeie punte teen spanne in die hoër ligas soos die Presidentsklas, wat een vlak laer as die gesogte Carlton-liga-standaard is.

Kwagga-eerstespanspeler Larrie Erasmus, is Saterdag as die speler van die wedstryd aangewys.

Larry Erasmus (middel), speler van die wedstryd, en sy afrigters, Gerrie Strydom en Robert Gower.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button